Victor: My reis

Victor: My reis

AfrikánštinaEbook
Matfield, Victor
Penguin Random House South Africa
EAN: 9781770222663
Dostupné online
176 Kč
Běžná cena: 195 Kč
Sleva 10 %
ks

Dostupné formáty

Podrobné informace

As een van die Springbokspan-spelers met die grootste aantal verskynings ooit, is Victor Matfield ’n nasionale held met voortreflike spel oor provinsiale grense heen en geniet hy die guns van aanhangers regoor die wêreld. Sy rugby-prestasies en kordaatstukke is talryk: hy was deel van die span wat die 2007 Rugby-Wêreldbeker gewen het, hy het die Bokke twee Drienasies-toernooie help wen, hy het drie keer die Super 14-trofee saam met die Bulle omhoog gehou, en hy het Curriebeker-glorie gesmaak.
In hierdie outobiografie waarna daar met groot afwagting uitgesien is, gesels hy openlik oor sy lewe, van sy grootwordjare as ’n skugter seun van Pietersburg tot waar hy Pretoria toe getrek het en as talentvolle jong rugbyspeler op die harde manier geleer het hoe om die plesiere in die lewe te hanteer. Hy praat openhartig en reguit oor geskille met afrigters, in¬sluitende sy mentor Heyneke Meyer, Pieter de Villiers en voormalige Bok-afrigter Jake White, wat hom eenkeer fisiek probeer aanval het. Victor vertel ook van Kamp Staaldraad, die Bulle wat gefaal het in sy laaste seisoen as speler en die kontroversiële skeidsregtersbelissings was gelei het tot die Bokke se kwarteindstryd-nederlaag in die 2011 Rugby-Wêreldbeker. Hierdie is ongetwyfeld die één boek wat elke rugby-entoesias sal wil lees.

EAN 9781770222663
ISBN 1770222669
Typ produktu Ebook
Vydavatel Penguin Random House South Africa
Datum vydání 5. listopadu 2011
Stránky 400
Jazyk Afrikaans
Autoři Matfield, Victor