Word ’n influencer

Word ’n influencer

AfrikánštinaEbook
Smit, Elma
LAPA Publishers
EAN: 9780799399837
Dostupné online
225 Kč
Běžná cena: 250 Kč
Sleva 10 %
ks

Dostupné formáty

Podrobné informace

Moet ’n mens gewild wees om geld te maak uit sosiale media? Nee! Daar ís egter ’n hele rits duur lesse wat verified influencers, of erkende meningsvormers (dáái met die blou regmerkies), almal op die harde manier geleer het. Tradisionele media speel toenemend tweede viool vir digitale en sosiale media – ’n rewolusie wat aan inhoudskeppers ongekende (en lonende!) nuwe geleenthede bied. Elma Smit het in 2019 as aanbieder die hoogste sport bereik: sy is deur twee globale organisasies gekies om die verteenwoordiger van hul digitale inhoud by twee verskillende wêreldbekertoernooie in minder as ses maande te wees. Tóg het sy in dieselfde tydperk meer munt daaruit geslaan om ’n influencer te wees as uit enigiets anders. In Word ’n Influencer laat een van SA se topinhoudskeppers en -influencers vir die eerste keer die aap uit die mou oor hoe ’n mens ’n lojale gehoor opbou, hoeveel jy vir geborgde veldtogte kan vra en hoe om die vele slaggate te vermy. Nadia Jaftha, Katinka die Kat, Bouwer Bosch en Rachel Kolisi tel onder die uitgelese geselskap van influencers wat ook hul geheime deel, terwyl plaaslike en oorsese bemarkingsghoeroes verduidelik waarna hulle op soek is wanneer daar op influencers vir veldtogte besluit word.
EAN 9780799399837
ISBN 0799399833
Typ produktu Ebook
Vydavatel LAPA Publishers
Datum vydání 1. září 2020
Stránky 160
Jazyk Afrikaans
Autoři Smit, Elma