Lekker Vinnige Etes

Lekker Vinnige Etes

AfrikaansEbook
Biller, Hilary
Penguin Random House South Africa
EAN: 9781432300258
Available online
CZK 150
Common price CZK 167
Discount 10%
pc

Available formats

Detailed information

“Ons leefwyse het oor die jare heen dramaties verander. Deesdae moet ons veeleisende loopbane sowel as bedrywige gesinslewens aan die gang hou, en ons manier van kosmaak en eet het dienooreenkomstig verander. Kos wat vinnig en maklik voorberei kan word, raak al hoe belangriker … Hierdie kookkunsreis was vir my ’n openbaring. Dit is ’n nuwe manier van kosmaak wat min moeite, maar deeglike beplanning en voldoende voorraad in jou spenskas verg. Ek sal jou wys hoe jy met slim, voorafbereide items van goeie gehalte en puik vars produkte heerlike ‘tuisgemaakte etes’ kan voorberei.” – kookboek-outeur en uitsonderlike kosskrywer, Hilary Biller
Met die stygende druk op gesinsbegrotings en die toenemde bewustheid van gesondheidskwessies en die gevare van vetsug, meen Hilary dat huiskokke duur, wegneem-etes die rug sal toekeer op soek na heerlike, voedsame alternatiewe wat vinnig en met maklik verkrygbare produkte voorberei kan word. Daar is 156 resepte in Lekker vinnige etes, waroonder idees vir ontbyt, slaaie, voorgeregte, hoender-, vis-, vleis- en vegetariese geregte, nageregte en drankies. Om te verseker dat die besige kok nooit ’n oomblik verspil nie, het Hilary ’n onontbeerlike lys produkte vir die spens- en die vrieskas, sowel as noodsaaklike toerusting ingesluit – dít alles om kosmaak makliker te maak.

EAN 9781432300258
ISBN 1432300253
Binding Ebook
Publisher Penguin Random House South Africa
Publication date November 27, 2012
Pages 176
Language Afrikaans
Authors Biller, Hilary